Independent Recruitment Consulting Services
Independent Recruitment Consulting Services
Millwrights en Elektrisiëns – Nederland
full-time
Gqeberha

Millwrights en Elektrisiëns – Nederland

Type
Full-time
LocationGqeberha

Millwrights en Elektrisiëns – Nederland

Ons kliënt in Nederland is op soek na gekwalifiseerde Millwrights (Meganies) en Elektrisiëns om hul instandhoudingspanne te versterk binne produksie- en vervaardigingsomgewings.

As ’n opgeleide Millwright of Elektrisiën sal jy verantwoordelik wees vir die installasie, herstel, oorsiening en instandhouding van masjinerie en swaar meganiese toerusting en produksielyne. Die fokus is hoofsaaklik op meganiese instandhouding, met ’n basiese tot intermediêre elektriese komponent.

Verseker ’n goed funksionerende produksie-omgewing

·         Uitvoer van voorkomende instandhouding

·         Opspoor en oplos van meganiese en elektriese foute

·         Analiseer en identifiseer prosesfoute vinnig en doeltreffend

·         Werk volgens omgewings- en veiligheidsregulasies

·         Handhaaf ’n veilige en skoon werksomgewing

·         Rapporteer bevindings en aksies volgens ’n vaste formaat aan die Instandhoudingsbestuurder

·         Werk in skofte soos vereis

 

Belangrike persoonlike eienskappe

·         Akkuraat en detail-georiënteerd

·         Kan druk handteer

·         Aanpasbaarheid

·         Positiewe en oplossingsgerigte ingesteldheid

·         In staat om skofwerk te doen

 

Minimum vereistes:

·         Afrikaans of Nederlands-sprekend, met goeie Engels

·         Minimum 3 jaar toepaslike werkservaring

·         Ervaring in produksie- en vervaardigingsomgewings is ’n groot voordeel

·         Geldige Trade Test Sertifikaat

·         Suid Afrikaanse paspoort houers-onder die ouderdom van 28 jaar

Application Form

Please fill out the form below to apply for the job.

Please enter your location.

By applying, you accept Happlicant's Terms & Conditions.
Powered byLogo